Ahoy daar onderdruktes! Hier op die kaai in die Kaapse hawe langs my skip wat moet uit met vrag, vragbriewe, kredietnotas, agente en inspekteurs sit ek en kaptein Van Hunks nou en wonder wat gaan in SA en wereldwyd aan? Dis darem maar 'n deurmekaarspul. Niks werk reg nie? Besigheid is te stil? Die hawe is swak onderhou. Hooggeplaasdes lyk of klink altyd baie belangrik maar lyk ook nie regtig meer of hulle in beheer is nie? Van Hunks reken na vanoggend se pyprooksessie op Duiwelspiek dat die Duiwel oortuig is dat die "Great Reset" goed op dreef is en dat die gemiddelde burger en besigheidsman se kop nou so goed gesmokkel is dat ongeregtighede onverhinderd en ruimskoots plaasvind. Kragonerbrekings word nou skynbaar ook maar aanvaar alhoewel die ekonomie en besighede daagliks verder skade ly. Ons kinders gaan nou ge"jab" word terwyl vuisvoos ouers maar toegee. Die Kerk se patetiese fluisterings en geloof sonder werke maak geen daadwerklike verskil nie!? Wat staan die regverdiges dan te doen hier aan die sonnige Suidpunt van Afrika?
No comments:
Post a Comment