Wednesday, 14 August 2024

Donker Afrika

 

Ahoy daar medeslagoffers van propaganda en begogeling! Afrika wil nou weer onder kontinentale begrendeling geplaas word! Glo apiestuipe of apiepokke! Maskers, dodelike inspuitings en propagandafilms om weereens die hulpelose "bottom billion" in Afrika verder te traumatiseer, te ontmagtig, verder te onderdruk en verder te plunder? Vanoggend hier op die kaai wonder ek waarom Kaptein van Hunks so selftevrede in sy mou lag? Nee, hy het weer voegdag saam met die Duiwel 'n pypie gaan rook daar op Duiwelspiek. Die Duiwel het hom glo baie tevrede vertel dat hy en sy demone, en hulle dissipels hier op aarde so goed gedoen het met moord en roof tydens 2020 se plandemie, dat hulle nou 'n groter een in Afrika gaan loslaat sodat die VSA die beherende, onderdrukkende en plunderende greep op Afrika kan versterk, - voor die Russe se vastrapplek in Afrika die ewewig vir die beheer en bestuur van die Nuwe Globale Orde kan wysig. Dit terwyl van die Oekraine se ondinge, waaronder laboratoriums, en siektes van vlermuise en apies, gevleuldes en varkies, blykbaar nou na sonnige SA oorgeplaas word. Daarbenewens is die kritiese konflikminerale uit die DR Kongo baie nodig om in die VSA as 'n strydwaperd se moordadige hande te bly, sodat die oorlog met Rusland en in die Midde Ooste aan die gang gehou kan word met gesofistikeerde wapentuig en slim tegnologie (wat my en jou slimfoon in die huis, in die kantoor, in die regering en in kerkhoofkwartiere) kan instandhou. Lyk my nie die Christendom leer iets uit al die talle en omvangryke verslae sedert 2020 nie. Dat maskers en inspuitings NIE werk nie. Dat die hele situasie deur reuse somme omkoopgeld, akteurs, marionette en "gullible citizens as well as comatose Christians" bewimpel word! So neem kwaadwilligheid wereldwyd fel toe, terwyl die Kerk meerderwaardig maar hulpeloos en geestelik eksklusief toekyk. Geloof in akie vir geregtigheid of 'n praktiese gees van onderskeiding in Christene is blykbaar nie meer deel of gevolg van die post-moderne teologie nie? Aktiewe laat U Koninkryk kom word verruil vir passiewe laat maar begaan en ly ernstige skade sit-sit-so wag-vir-beter-dae houdings.