Ahoy daar SA Kiesers! Die Nuwe (Orde) SA sedert 27 April 1994 het toe nie so mooi uitgedraai nie! Komende Woensdag, 29 Mei 2024 kan "ware SAners" die verskil maak by die stembus en daarna "for ever more". Ons weet nou meeste politici is daar vir hul eie egos en sakke. Opperste boewe wat dikwels leuns besig, steel en plunder, kwaad doen en skade aanrig op die rugge, stemme en beursies van landsburgers. Kiesers moet dus ook voorts die keuse en verbintenis maak om strukture en meganismes te vestig wat effektief druk op "amptenary" in die regering, munisipaliteite en organisasies kan bring om die regte dinge te doen, betyds, eerste keer, elke keer! Veral ons sit-sit-so vroom Christene in SA wat meer as 85 000 kerke volsit, die kerkkoffers stuif, salarisse en kerkbegrotings steun maar geen of bitterlik min vrug in SA beleef of teweeg bring nie.Wie het met die storie vorendag gekom dat Christene nie by politiek betrokke moet wees nie? Ja, soos met geld, - wees versigtig, maar benut dit! Is God nie die God van die HELE skepping nie? Geen wonder dit is tans net heidense boosdoeners wat die "demokrasie" en politiek misbruik! Asseblief SA Christene. Maak 'n tasbare, praktiese, dag tot dag verskil op ELKE terrein in SA, vanaf sonop, 30 Mei 2024! Ons kan nie maar net (selfs met goeie oordeel) stem en dan weer terugsit as ons nou baie duidelik WEET dat politici vir ons tot groeiende globale skade is nie. Stem en DOEN reg! Die toekoms hang daarvan af!