Ahoy daar lusteloses! Hoewel ek die twak gelos het sit ek noudiedag weer met my vriend Van Hunks en gesels. Ons hou mos van gesels, al vergaan alles rondom ons. Van Hunks rook nog sy pyp gereeld saam met die duiwel daar op Duiwelspiek in die skadu van ou Tafelberg en die Kaap van Storms waar goede hoop glo nog effens flikker. Nou vertel Van Hunks ons gaan nog lank wag vir vrag en klaring voordat ons weer gaan seil en handeldryf. Die duiwel voorspel glo nog swaar tye want die Christene is nou heeltemal in 'n ontkennende koma terwyl werkers van doelgerigde ongeregtighede onverhinderd kwaad doen. Helfte van die Christene is glo nou al vol gif ingespuit en die res drentel lusteloos en rigtingloos rond! Die duiwel vertel glo dat die Plandemie baie goed gewerk het maar dat daar tog weerstand was wat nou die volgende fase vir nuwe ordes noodsaak. Die goeie nuus is dat naas die media se opstokery om 'n WW III te ontketen d.m.v dieselfde oorweldigende propagandategnieke en denkelose goedgelowiges wat die Plandemie bevorder het, sal "womens lib" en "equality" darem nou maak dat vrouens die oorlog as kanonvoer sal voer terwyl mans rondsit en kinders ontvoer, verhandel of gemolesteer word. Nou ja, - hoe het ons tot hier gestagneer?
Saturday, 26 February 2022
Van die wal af in die sloot

Saturday, 5 February 2022
Wet van die See en Wet van Transvaal
Ahoy daar, landsburgers! Hier in my kajuit op die skip langs die kaai in die Kaapse hawe kyk ek nou so deur my boekrak. Skeepvaart, Internasionale Handel en Maritieme Reg is net so goed uitgespel as enige wette op land. Daar is talle regulasies vir veiligheid ter see, die opleiding van seelui, besoedeling, skeepseienaarskap, skeepshuur, eienaarskap van vrag en goedere, die vlag waaronder skepe geregistreer is, briewe van krediet en oorbetalings, veiligheid teen seerowery, navigasiestandaarde, haweregulasies, loodse en sleepbote, seemanskap en die vaarreels van die see asook passasiers en vraghantering. Maar aan wal lyk dit my is dit 'n heel ander saak. Dit is asof daar 'n totale wetteloosheid en goddeloosheid heers sodra jy by die hawe se hekke uitry! Almal, goot of klein, oud of jonk, moet nou glo een of ander onbeproefde gifinspuiting met aanvegbare of selfs fatale newe effekte kry voor jy mag eet, slaap, speel, koop, werk of reis - talle wette t.o.v. menseregte ten spyt! Erger nog, almal aan wal is skynbaar heel tevrede met die absurde toestand van sake want protes word dikwels geignoreer of gaan nie oor in tasbare of verskilmakende teenaksie nie? Argumente van ongeregtigheid oorrompel geregtigheid loshande. Werklik verstommend!
Subscribe to:
Posts (Atom)