Sunday, 26 July 2020
Wat is Christelikheid?
Ahoy daar kerkgangers! Op die skip neem ons soms 'n Kapelaan saam see-toe. Hy kan preek, praat, beraad, bybelstudie lei, begrafnis hou en nagmaal bedien. Ter see baklei ons nie oor kergenootskappe of klubsoortige lidmaatskappe nie. Meeste offisiere en matrose wat nie op 'n wagbeurt aan diens is nie, woon die dienste aanboord by. Hier, aan wal, gaan dit anders. Lyk asof die Dominies en Pastore soms hard werk en die gemeentelede geestelik oorgewig net saamry? Al die (lekkende) kruike is ook nie ewe bruikbaar nie. Die met 'n handvatsel en tuit werk hard en goed. Party kruike is bloot dekoratief. Niks vanuit die kerke blyk egter die gemors in Suid-Afrika aangespreek te kry nie?
Friday, 17 July 2020
Ekonomiese Uitklophou of Kophou?
Ahoy daar politieke Christene!
Besigheid is stil en die skip word nog gelaai in die Kaapse hawe. Nou hoor ek
in die strate van Suid-Afrika van die ekonomiese uitklophou. Glo regerings wêreldwyd
wat ‘n nuwe bewimpelde internasionale ekonomie wil skep. Ek dink Albert Pike
het geskryf van nuwe dinge uit chaos skep, maar dit is God se werk, nie die van
amateurgodjies nie! Wat sal Neptunis in die diepsee nou daarvan dink? Die groot
ekonomiese uitklophou waar die rykes super-ryk is, die grondvlak by die
biljoene kripeer en afsterf, en die middelklas as ruggraat van enige gemeenskap
en ekonomie òf op òf af getrek is, is glo om die draai terwyl Christene bewerig
hande wring en kerkleiers die tiendes tel. Politieke leiers met ‘n morele skeepskompas
is daar ongelukkig nie een van te vinde sedert die Anglo-Boereoorloë nie. Nou,
ja … so is ons nou na jare weer terug by die Kaap van Storms. Vreemd hoe die ou
lewe hier aan wal werk, nê? Geen wonder dat die skeepsvrag so bitter stadig inkom
nie!
Subscribe to:
Posts (Atom)