Wednesday, 31 January 2018

Losprys


Ahoy daar Afrikaner hanskakies en volksverraaiers! Daar sit van ons medeburgers in die tronk. Burgers wie die durfmoed gehad het om die gemors waarin die blanke Afrikaner hom en haarself bevind het na die laakbare politieke bedrog van 1994, te probeer aanspreek. Hulle is in ‘n lokval gelei en met leedvermaak “verhoor”. Maar, is dit hulle, die sogenaamde Boeremag, wie in die tronk hoort, of hoort al die sogenaamde Afrikaner “leiers” na 1994 in die tronk. Julle wie tot vandag niks doen in julle Afrikaner organisasies, groepies en kleuterpolitiek om te verhoed dat die Afrikaner se ekonomie, taal, skole, kerke, hospitale, weerbaarheid, plaasmoorde of geweldsmisdaad ons mense op grondvlak teister of ontneem word nie. Mnr. die “Afrikaner Leier”, wees dan minstens ‘n manmoedige muis en gaan tronk-toe in die plek van ‘n Boeremaglid wat sy sout honderd keer meer werd is as JY!


Tuesday, 30 January 2018

Elke Volk het Helde


Ahoy daar medeburgers! As dit nie vir helde was nie, dan sou 'n land en sy mense of 'n Volk nie voortbestaan het nie. Ons het nou saam gekyk na helde uit Suid-Afrika se verlede. Soos met enige lys van belangrike mense, wil mens nie iemand oorslaan of uitlaat nie, daarom dan 'n opsomming hier vandag. Dan sal ek harder moet soek om na 1966 helde in Suid-Afrika te vind. Regte Afrikaner helde!

Monday, 29 January 2018

Judasbok


Ahoy daar Afrikaner stryders! Agter elke held is daar 'n verhaal. Wat was die situasie rondom die gebeure van Mei 1985 in Cabinda, Angola? Lig uself beter in oor dinge in en om Suid-Afrika en leer wie is Wynand du Toit.


Sunday, 28 January 2018

Die Slag van Majuba


Ahoy Volkshelde van weleer! Daar is 'n reeks slagte en slagvelde sedert die Eerste Boereoorlog, en dit moet in konteks en agtereenvolgens nagevors word. Die Slag van Majuba  27 Feb 1881 (Amajuba - berg van die duiwe of "aspirasie") word egter jaarliks met die Majubafees naby einde Feb gedenk. Hier was Generaal Christiaan de Wet reeds deur die Engelse as hulle grootste gevaar op die slagveld ge-identifiseer. Is daar vandag enige Afrikaner leiers, - liberaal, gematigd, konserwatief of regs, - wat 'n strategiese of taktiese gevaar vir enige-iets of enige-iemand wat ons so vertrap, inhou?




Saturday, 27 January 2018

Gedrewe Volk!



Ahoy Volksgenote! Is daar nog genoeg Volksidentiteit, geskiedenisinsigte, perspektief en doelgerigte visie onder ons mense? Voordat ons verder in joernale en rekords blaai op soek na treffende dinge in die Volksgeskiedenis, en meer teenswoordige tye se helde, - weer 'n effens ligter blik op die Afrikaner.


Friday, 26 January 2018

Dr. H.F. Verwoerd



Ahoy daar afgesonderdes (heiliges)! Heilig beteken "eenkant geplaas", - nie fisies en geestelik of kultureel vermeng, "in" en uitgebaster nie. Godsvrugtig. Ywerig. Verskilmakend. Erkenbaar as "anders". Terwyl die post-moderne Afrikaner agter elke "nuwe begogeling en misleiding" aanslenter en alles vir soetkoek opeet (en die Volk daardeur skade aandoen) kan familie van dr. H.F. Verwoerd nog die stories, staaltjies en gebeure uit sy leeftyd vertel. Waar is ons Volksleiers met insigte, perspektief, visie en prakties-uitvoerbare toekomshoop vandag? Waar is die Boere-Afrikanervolk? Waar is ons volhoubare Boere-Afrikaner Volksvoortbestaan?


Thursday, 25 January 2018

Paul Kruger



Ahoy daar burgers! Onthou ons vir Oom Paul Kruger? President Paul Kruger! 'n Man wat sy man kon staan en baie aanslae teen sy persoon en teen die Boererepubliek moes trotseer, maar sonder 'n agenda vir eie gewin en eie roem. 'n Skaars tipe mens. 'n Toegewyde Boer! Wie lei die Boere-Afrikaner op spore van geregtigheid vandag?



Wednesday, 24 January 2018

Die Voortrekkers



Ahoy daar Voortrekkerharte! Die Groot Trek getuig van weldeurdagte en brawe handelinge nadat daar verskeie vorms van druk en ongeregtigheid op ons mense in die Kaapkolonie toegeneem het. Is ons vandag bereid om 'n Groot Trek na selfbeskikking aan te pak? Ja, dit behels baie werk, - en bied groot voordele!


Tuesday, 23 January 2018

Dirkie Uys


Ahoy daar Afrikaner kinders op skool! Weet julle van die tienerseun Dirkie Uys en die Slag van Italeni op 10 April 1838? Jong Dirkie Uys was 'n brawe vegter wie sonder aarseling saam met sy pa  in die stryd betrokke was! Hy het sy lewe verloor, omdat hy geglo het in die Voortrekker strewe na onafhanklikheid. Is daar nog begeesterde kinders en jongemense onder ons Afrikaners?



Monday, 22 January 2018

Danie Theron



Ahoy daar Afrikaner jongmense! Weet julle van Danie Theron? Ken die jonger generasie die regte geskiedenis van Suid-Afrika? 'n Land waar mense soos Danie Theron die verskil help maak het! 'n Land waarvor daar baie hard gewerk is om 'n toekoms te skep voordat dit weggegee is. Staan op! Staan saam! Staan vas!




Sunday, 21 January 2018

Racheltjie de Beer


Ahoy daar Volksgeskiedenis navorsers! In ons Afrikanergeskiedenis van Volkshelde en Volksheldinne is die verhaal van Racheltjie de Beer en haar klein boetie wat in 1843 saam met Trekboere een aand met uitspantyd gaan soek het na 'n verlore kalfie. Koue en sneeu het hulle oorval toe hulle verdwaal het, en Racheltjie het haar klere vir haar klein boetie aangetrek en hom in 'n hol miernes warm gehou terwyl sy beskermend en in liefde buite verkluim het.


Saturday, 20 January 2018

Hendrik Biebouw 1707



Ahoy daar Afrikaner Kaapenaars! Onthou u van Hendrik Biebouw, 17 jaar oud. In Maart 1707 word hy en en jong vriende vir dronkenskap gekasty in Stellenbosch deur die Duitse landros.  "..ik wil niet loopen, ik ben een Afrikaander, al slaat die landdrost mijn dood, of al setten hij mijn in den tronk, ik sal, nog wil niet swygen" volgens Gillomee 2003:22. Kry die T-Hemp!


Friday, 19 January 2018

Die Afrikaner ('n Kort reeks).



Ahoy daar Volksgenote op see en op die land! Ons het nou tot hier in "Skeepsjoernale" geblaai om te sien waar ons vandaan kom en wat ons diep geestelike fondasies is. Vandag, op ligter trant, kyk ons na die aard van die Afrikaner.


Thursday, 18 January 2018

Reputasie



Ahoy alle walskippers, matrose en burgers! Wat is die indruk wat ons skip skep? Is dit seevaardig? Is ons offisiere en bemanning goed opgelei, pligsgetrou en bekend vir ons nougesette en goeie werk? As ons verbyvaar, het ons al 'n reputasie opgebou as 'n skip met integiteit en dienslewering tussen vlote en skepe van die handelsnasies? Is ander nasies bereid om met ons besigheid te doen? Sien hulle ons as 'n bate en vriende wat 'n voorbeeld stel, internasionale vertoue inboesem, saamwerk en 'n blywende impak op ons skip, in ons hawe en in ons streek van invloed maak? Volgende keer begin ons weer saam kyk na identiteit, die aard en karakter van die Boere-Afrikaner.


Die Admiraal



Ahoy daar skeepsoffisiere en Volksrigters! Vaar al ons skepe onder een Admiraal, op dieselfde koers, na dieselfde bestemming? Staan ons onder die Gesagvoerder van alle gesagvoerders? Dit is 'n kritiese saak!



Wednesday, 17 January 2018

Sonskyndae



Ahoy daar rigters en navigators! Die son speel nog altyd 'n baie groot rol in die mens se bestaan. Ook in oseaannavigasie word metings van die son se peiling of hoek benut om die giro-kompas te kalibeer. Navorsing in die antieke geskiedenis tot vandag toon dat selfs die volk Israel in die bybel se tye al begin neig het om soos die heidene in hulle Gods-verlate onkunde, die son as god te eer en te aanbid. Die spoor van sonaanbidding loop deur tot vandag, en is strategies deur Konstantyn verenig met die Geloofsoorblyfsel van die Kerk van Handelinge, ter wille van die uitbreiding van die Romeinse Ryk op die geloofsbeginsels van antieke Babilon. Waar staan ek en u? In Engels is die mening dat "the Root determines the Fruit".


Tuesday, 16 January 2018

Die Sterre Vertel!



Ahoy daar sterrekykers! Vir eeue is instrumente en kennis van die sterre en hulle beweging gebruik om te navigeer, veral op die oop see of in die woestyn waar daar nie padtekens en paaie is nie. Die sekstant is tans grootliks deur satellietnavigasie vervang, maar die metode om posisie d.m.v. die sterre te bepaal is steeds bruikbaar, en speel steeds ‘n rol in die akkuraatheid van satelliete se funksionering. Daar is egter histories wel ook ander afleidings van die sterre en planete se bewegings gemaak. ‘n Studie van die Drie Wyse Manne en die Ster van Betlehem lei ons op verskeie maniere na die Almagtige Skepper en ons Messias van Nasaret.


Monday, 15 January 2018

Handboeke


Ahoy daar alle reisigers op see en op land! In die geval van ‘n lang reis is dit wys om 'n navigasiehandboek, die seemanskaphandboek of die veldkuns en oorlewingshandboek te bestudeer of byderhand te hou. Vlote in die Britse tradisie gebruik die Admiralty Manual of Navigation Vol 1 & 2 en die Admiralty Manual of Seamanship Vol 1 & 2. Van die handelsvlote en Amerikaners gebruik die dik Bowditch se The American Practical Navigator. As Christen gelowiges gebruik ons die Bybel as lig vir ons pad en lamp vir ons voet op ons lewensreis. Volgende keer kyk ons hoe die sterre vertel.



Sunday, 14 January 2018

Watter koers sal ons kies?



Ahoy daar alle Navigators! Watter koers sal ons kies? Daar is b.v. twee roetes om Kaap Hoorn aan die suidpunt van Suid-Amerika. Navigasie om die Kaap daar deur die breër maar baie stormagtige 500 seemyl breë seeweg (Drake Passage), - geteister met sterk winde en verskeie gelyktydige seestrome, - tussen die kontinente van Suid-Amerika en Antarktika, of deur die small Straat van Magelaan teenaan die Land van Vuur (Tierra del Fuego). Die Skrif, in Spreuke, leer van handelswyse wat vir die mens reg lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood. Wat kies die Boere-Afrikanervolk vandag op ons geloofs en praktiese roete hier in Suid-Afrika? Die breë weg of die small weg? Hierdie kritiese keuse maak ‘n groot verskil.  Vandag, more en vir die toekoms. Dit is of die een, of die ander.



Friday, 12 January 2018

Die Siel van 'n Volk


Ahoy daar Volkstaters en Afrikaner Taalstryders! Die Skrifboek van Spreuke sê “Gaan na die mier, luiaard … “. Job sê gaan kyk na die diere en Eugene Marais skryf oor Die Siel van die Mier. Wat leer ons as Boere-Afrikaners daaruit? Doen selfs die miere van die veld beter in hulle organisasie, struktuur, samehorigheid en vootbestaan as die blanke Afrikanervolk wat soveel tot ons beskikking het maar dit so versmaai, minag en onverskillig met ons kinders se erfporsie handel? Pragtig maar hol klink die woorde van Die Stem van Suid Afrika, geskryf deur C.J. Langenhoven in 1918 en getoonset deur ds. M.L. de Villiers in 1921 in die Pastorie langs die N.G. Kerk in Simonstad, se vierde strofe vandag:

 “Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.”



Thursday, 11 January 2018

Selfbeskikking saam met Asterix




Ahoy daar alle Vikings en Voortrekkers! Hoewel die outeurs van die Asterix strokiesprentereeks aandui dat hulle self geen politieke motiewe gehad het nie, is die gedagte van “Vryheid” en selfbeskikking nie vreemd aan kulture nie, self nie in strokiesprente nie! Terwyl omstandighede rondom ons in baie opsigte verdonker, moet die blanke Boere-Afrikaner spoedige en belangrike besluite vir selfbeskikking tot uitvoering en volhoubare handhawing bewerkstellig. Is die grondgebied ge-identifiseer? Is daar samehorigheid en eendrag in uitvoerende fokus? Is ons eerlik met mekaar? Werk ons saam aan een wel-deurdagte toekomsplan? Volgende keer is die fokus op samewerking in die natuur en dan ondersoek ons die siel van die mier.



Wednesday, 10 January 2018

Span die Seile!



Ahoy alle Stuurmanne! Ons weet dat om die seilskip as voorbeeld te seil, verg ‘n goeie skip, goeie offisiere, ‘n opgeleide bemanning, die regte bestemming, roetebeplanning, die regte seekaarte, ‘n gekalibreerde kompas, teleskoop, vêrkyker en samewerking. Skeepsversekering deur ‘n hoogs aangeskrewe versekeraar is waardevol. Vriendelike hawens en handelsbetrekkinge maak die reis lewensvatbaar en belonend. Hoe gaan die met die SS Boere-Afrikanervolkstaat?


Die Vikings

Die Vikings is een van die kulture wat uitstaan tussen volke, tale, nasies en stamme. Hulle het saamgewerk en ondernemingsgees getoon. Die Goeie Nuus het hulle ook bereik! Sal die Boerevolk voluit en enduit onthou word in die geskiedenis, - maar veral, voor die Troon?


Tuesday, 9 January 2018

Die visse in die see.



Ahoy daar Godvresende medestryders op land en op see! Op die oggend van die vierde dag het God die visse in die see geskape, so leer die Skrif ons. Die “Sewe seë” en waters beslaan sowat 71 % van die aarde se oppervlakte op die teenswoordige aarde. Die diepste water is sowat 11 000 m. Seereise kan groot uitdagings bied. Jona, ons Messias van Nasaret en die Dissipels in die storm, en skipbreukling Paulus in die Skrif kan daarvan getuig. Nou wonder ek oor die Walvis wat vir Jona ingesluk het terwyl ek die rentmeesterskap van die blanke Afrikaner op ons ontstuimige reis na selfbeskikking vanuit Europa en verder terug, bepeins. Is die wêreld daar buite en rondom ons, besig om ons as Afrikaners oorboord te gooi in die hewige storms van vandag se lewe, omdat die afgesonderde Afrikanervolk nie gehoorsaam is in sorgvuldige posisionering en roeping in die Lewende God se groter plan met volke, tale, nasies en stamme nie? Kan dit wees dat van die verval rondom ons, aan ons wederstrewige ongehoorsaamheid te wyte kan wees? Die Koninkryk kan nie kom in SA en Suider-Afrika nie, want die gesalfde Volk van die Vebond en die Gelofte, bly in hardnekkige, misleide en verdeelde balhorigheid! Volgende keer kyk ons na die skeepsjoernale van die Vikings.



Monday, 8 January 2018

Vêrgesigte en Roete Merkers


Ahoy alle Afrikaner-matrose en seelui of walskippers op die reis tot by die hawe van soewereine Afrikaner selfbeskikking, - wat nog van die  kritiese skeepsonderhoud daarna! Vandag kyk ons in seevaartkunde na die teleskoop vir vêrgesigte en visie, en die vêrkyker vir roete kontrole en progressie. Volgens ons opgedateerde roete kaart uit die Verspreiding, deur die Kaap van Storms, oor die Drakensberg en Bloedrivier tot by die Boere Republieke van die ou Transvaal en OVS, moet ons nou koers hou na die Boere-Afrikanervolkstaat! Tot hier was daar storms en rotse, seerowers en belastings. Waarom kom ons nie by ons bestemming uit nie? Is daar fout met ons navigasie? Kan dit wees dat ons skeepskapteins in die vloot van Afrikaner-faksies onder verskillende vaandels en verskillende Admiraals, nie die teleskoop en die vêrkyker kan gebruik nie, of nie die kaart en kompas kan gebruik nie? Miskien moet ons die teleskoop en die vêrkyker net omdraai, en die klein lens voor die oog bring vir beter en duideliker visie en reisperspektief. Moontlik kyk ons by die groot lens in, dan lyk alles piep klein en misleidend perfek sonder die nodige groter perspektief … Volgende keer gesels on oor vissies in die groot oseaan.



Kaart en Kompas


Ahoy alle skippers en navigators! Om te kom waar ons wil wees, vanuit Europa na die Kaap, oor die Drakensberg na die ou Transvaal, of op pad na 'n Volkstaat, moet daar 'n plan of 'n kaart wees. Dit moet die regte en 'n geskikde kaart wees. Die nodige korreksies soos deur die Hidrograaf of die Kartograaf gepubliseer van tyd tot tyd, moet op datum op die kaart aangebring wees. Die veilige roete moet op die kaart aangedui word, met kennisname van rotse, vlak water, sterk seestrome, skeepswrakke, ligtorings elkeen met hulle eie spesifieke identifiseerbare ligseine, stormweerspatrone, en erkenbare landmerke (soos Tafelberg, as voorbeeld). Dan die kompas. Sou dit 'n magnetiese kompas wees moet die nodige kalibrasie vir Deviasie (skeepstruktuur invloed op die magnetiese naald) en Variasie (die aarde se magnetiese patrone se invloed op die kompas) inaggeneem word. Sou dit 'n giro- of tolkompas wees is daar ook 'n kompasfout wat met sonop en sononder (d.m.v. die son se azimut of peiling), waarnemings en berekening bepaal kan word, en korrek tydens navigasie toegepas moet word. Is die Afrikaner navigators op die reis na die Afrikaner Volkstaat, toegerus vir veilige navigasie na die regte bestemming? Navigeer ons self na ons bestemming of ry ons bloot saam na die bestemming wat ander voorhou? In die volgende skeepsjoernaal inskrywing kyk ons na die teleskoop en die verkyker.